OOR ONS
Kalkor is geregistreer in 1988 en oorgeneem deur die huidige eienaar, David Serfontein in 2001. Die Landbou ondervinding in die maatskappy strek sedert 1964 en kan roem met ondervinding onder andere in die stigting van Sasol Kunsmis.
DIENSLEWERING AAN DIE LANDOUSEKTOR VIR MEER AS 50 JAAR
Kalkor is n voorstander van kwaliteit en integriteit in die mark en is derhalwe lid van die Misstof Vereniging van Suider Afrika (FERTASA) wat gevolglik onderhewig is aan ‘n streng gedragskode.
Kalkor maak gebruik van kundige toegewyde personeel wat verantwoordelik is vir die ontleding van gronde en korrekte aanbevelings van Kalk en Gips vir geskikte gewas aanplantings.
In 2012 het Kalkor die groot stap geneem om terugwaarts te integreer en in vennootskap met ‘n ander groot rolspeler in die mark, H Pistorius & Kie, betrokke geraak by die produksie en prosessering van Kalk en Gips regoor Suider Afrika vir die Landbou en Industriële sektore.
Deur die venootskap het ons ons verbind om betrokke te raak by navorsing, om sodoende ‘n bydrae te lewer tot die verbetering en vooruitgang van die Landbou Sektor in Suider Afrika.
Kalkor se visie is om ‘n voetspoor van integriteit, kwaliteit en dienslewering te laat in die Landbou Sektor in Suider Afrika.
KONTAK ONS
Indien u enige navrae aan ons wil rig, voltooi die elektroniese vorm en ons sal u so gou moontlik kontak.